Glasblind staar
Die son kom op, die son kom op!
agter die berg, waar die nag nog swart glim,
tussen die “klipskuinstes” van bo
waar die klippe skuins lê.
Wat is die vonkel in die nag?
van nou, van môre!
Ons drome, my drome …
deur ruie bosland,
barre woestynsand.
Langs die vaal gruispad, onder krans en kloof
verbeelding, versinning?
verwronge droombeelde
deurmekaar verstrengel,
ek onthou ons dae in die son!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek