versteende hart
op oop strand lê daar opdrifsels
nat stringe seegras wat verdor
telkens neem golwe dit verder
teen droë sand duine en laat lê
eensaam lê seevarkie se skedel
kurkdroog na velle sonlig daarop
gemaal opgeneem in skulpe graf
deel van argeologiese gesteentes
hard soos versteende beendere
so hard is hart waar hy vertoef
honderde lewens verlore gedenk
uitgedroogde bloed op wit kruise
draai nog ‘n wang kom gesang
gooi versteende rots lui oorlog
klokke beierend oor droë duin
kan versteende hart nog bloei
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.