DIE DELWER – Opdrag 1
DIE DELWER
om te soek deur gedagtes is iets wat hy ken
sy droom, om ‘n werk te skep van waarde
sy taal, sy kleim deur sy God afgepen
woorde en klanke wyd gesaai in die aarde
sy oor en sy tong gesinchroniseer
te soek en te soek na die beste steen
geduldig die gruis was vir die soveelste keer
tot sy oog skielik haak by die regte een
sy hart bonsend, dis ‘n knewel van ‘n klip
verwonderd as hy sien dis die perfekte kleur
so dankbaar dié blinke het hom nie ontglip
hy’t sy tyd nie verspeel of sy kans nie verbeur
ja ‘n digter is ‘n delwer en al is hy nie ‘n groentjie
soms is dit ‘n hengse gesukkel met ‘n aspris kanoentjie
© – Barbara Smit 11/07/2018
6 Kommentare
-

Driekie
Baie mooi gedig, Barbara.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Callie Vermeulen
Pragtig Barbara!
-

Loretta Szikra
Ware woorde Barbara. Goed gepen.
-

Elroux
Pragte gedig Barbara
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
oops, ek het vergeet om na die titel opdrag 1 te tik.