Opdrag 3: Haar meester
sy sloer-sleep voetgang laat moeisame spore
tussen klip en rots, beurend voort immer voorwaarts
verlore en verlate in hierdie godssonder woesterny
onder ‘n skroeiende son, vind sy hand ‘n kruik eens verlore
wyl sout sweet biggelend sy lip benat
hy kragteloos neersak, dan sit, sat
vryf sy hande smekend oor die kruik voor hom
soos ‘n Job verlaat en verlore sonder moed
bereik ‘n nuwe klank meteens sy ore
streel sag oor sy rou gemoed
verbreek die versugting wat in hom woed
suiwer eggo note sweef sag in lawende klanke
wat gebroke gees aanmekaarsit meesterlik
fluit die fluit sy helende melodie
die instrument sag trillend in haar hande
sy, sy génie en hy nou haar meester
met ‘n glimlag in sy gemoed, verlos
gaan hy mee na ‘n paradys
©callie 2018
Nuwe woord: godssonder = godsverlate
génie – the French génie, from the Latin genius, a guardian spirit of people & places… (en.wikipedia.org/wiki/Jinn)
Voetnota: Haar hande gaan sag oor die instrument voor sy die fluit aanmekaarsit en onder haar lip sit.
Erkenning aan Lien Roux-de Jager; uit haar boek ‘Donker Leuens’.
15 Kommentare
-

Loretta Szikra
Wel gedaan Callie, gied gepen. 👏
-

Loretta Szikra
Wel gedaan Callie, goed gepen. 👏
-

Elroux
WOW prag gedig Callie
-

Alet
Ek hou hiervan
-

Driekie
Uitsonderlike gedig hierdie, Callie, baie mooi verwoord.
-

Estelle
Mooi gedoen Callie - ek hou van jou nuutskepping - "godssonder"
-

Viooltjie
Goeie werk Kallie 😃
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie