Jongste aktiwiteit:

SODOM EN GOMORRA Opdrag 3

SODOM EN GOMORRA Opdrag 3

By Mamre by die terpentynbome het hy gewag
die Here het aan hom verskyn in die hitte van die dag
terwyl hy wag by die ingang by die tempel
Verskyn daar ‘n man wat lyk soos ‘n engel

Die Here het so gesê
ek het vir Abraham verkies
hom verberg in magtige nasies
van die aarde in hom geseënde nasies gekies

sodat hy aan sy kinders sy bevel sou gee
en aan Sara haar belofte te gee
toe sê die Here
Sara sal ‘n seun hê

om geregtigheid te doen en nooit verbrou
die weg van die Here en sy verbond te hou
die geroep is swaarlik hulle het daarvoor gevra
hulle sonde is waarlik swaar en swaar sal hulle dra

verder wil die Here neerdaal
en sien of hulle werklik handel of faal
net so die regverdige saam die goddelose ombring
sodat die regverdige gelyk is wat die goddelose bring

Bybel Genesis 18: vers 20
Hulle sondes is waarlik swaar

© Eleen van Deventer Vorster
27/07/2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed