Jongste aktiwiteit:

Jy is ‘n stille storm

terstond was ons afskeid –
met net ‘n lugspieëling van jou
wat nou my horison bevlek
en onklaar beloftes wat vergeefs,
dors wil les by ‘n waterlose plek

maar wat weet ek van liefde:
die ongeskrewe algoritmes
van ‘n hunkerende hart,
die onaanpasbaarheid van verlies
of winter wat naelstring aan ‘n vars lentebries

helaas soek ek nog steeds die plek –
waar jy kan rus en ek vertrek,
maar ek is ook net vlees en bloed
en jy ‘n stille storm wat herberg soek

©Alkallie
26/7/2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed