parstyd (opdrag 4)
die liefde is blind, maar nie die bure nie
die Wes-Kaapse wind waai koud deur die vrugbaarste wingerde
vas teen my lyf, soos ‘n (gekneusde) perske
vas teen my siel, soos (geparsde) druiwe
en jy – my lief – raak dronk op die wyn van my seer
die liefde is blind, maar nie die bure nie
oorryp druiwe is al wat ek nou kan proe
en jy – my lief – drink nog ’n slukkie van die soetste, rooiste wyn
© nadia nagel
6 Kommentare
-

Viooltjie
Goeie werk, Nadia
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Callie Vermeulen
Baie mooi gedoen Nadia!
-

Elroux
Pragtige gedig so goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Baie mooi beelde geskilder Nadia.