Jongste aktiwiteit:

gety(ui)e

sand duine kom en gaan
deur eeue se wind en golwe
my duin staan vas in my lewe
sal dit dalk nie sien verdwyn

getye kom gereeld in en uit
skole vis swerm in ons baai
vistreilers vaar heen en weer
bring vrag op vrag en laai af

fabrieke kook, stoom en lê in
rook kolomme stoom uit torings
reuk walms swerf oor ons baai
voorspoed is nie te versmaai

so dein ek ook heen en weer
soos getye kom en gaan ek
een dag sterk, ander dag pap
maar vorentoe gaan ons net

geboue verrys in lampiesbaai
bouers baljaar met nuwe moed
huise, wit en regop verdwerg
nuwe gesigte meld aan in sig

so gaan alles aan, elke week
elke jaar, ten spyte van alles
onwaarskynlik iets dit kan stop
tog is geweld gevaarlike ondier

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed