Jongste aktiwiteit:

EK is hier vir jou MY kind

Jy raak so besig
met die wêreldse dinge
My kind

jy is roekeloos met die tyd
wat ek verniet vir jou gee
jy verloor stukkies van jouself

in waansin jaag jy dinge na
wat geen belang dra
vir jou toekoms

jy waai weg in die gejaag
na wind
en vind geen vrede snags nie

soggens begin jy jou wedloop
tot middag toe
en namiddag staan die moegheid
oor jou gesig geskryf

die honger in jou siel
word nooit gevul nie
want jy is net ñ skadu
en vul jouself met niks

Ek is hier
dag in
en nag uit
langs jou
gereed om jou hartstog
te koester
in die palm van MY liefde
vir jou

Ek is vir jou stilte
Ek is vir jou warmte
teen die wêreld
Ek gee vir jou meer
as wat die wêreld
van jou neem

Ek is jou alles
en Ek is hier
altyd en heeltyd en deurentyd
selfs wanneer jy blind is
is Ek hier

Ek, die ENIGSTE God
is hier vir jou
MY kind.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed