Die Ligtoring
Die Ligtoring
Hoeveel skepe het hulself te pletter geloop
op die ruwe rotse van leef sonder hoop?
Hoeveel bootjies is middeldeur gebreek
as verskuilde rotse deur hul bodems steek?
Jaar in en jaar uit het die duister verniel,
probeer om skeiding te bring tussen liggaam en siel.
Te lank het die duister geheers oor die oseaan,
talle seevaarders is gegroet met ʼn treurige traan.
Maar vir hulle wat vaar is ʼn toring opgerig
en in ons donker skyn met ʼn helder lig
om lewensmoeë matrose te bewaar
van verskuilde rotse en storm gevaar.
Vir die wat bereid is om ʼn ander koers te neem
en hulself van hulle eie doodsroete te vervreem
sal die lig hul lei na waters van vrede en rus
totdat almal vasmeer aan God se veilige kus.
© Stephan Uys 2018/09/07
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi