Jongste aktiwiteit:

My liewe vrou

My liewe vrou (ʼn Engelse sonnet)

Ek skryf my briefie aan jou in die sand
jy wat in die diepste diep van my hart verskans lê
jare gelede het ek gevra: “Gee my jou hand.”
Op die prediker se vraag het jy “Ja” gesê.

Na negentien ure van kraamkrampe en pyn
deur die van trane van seer, en die trane van vrees
het uit jou broeikaslyf ʼn klein seuntjie verskyn
op jou nat-betraande gesig het ek net liefde gelees.

Toe die Banke begin bel om ons motors te eis
en mooiweersvriende hul rug op ons keer
het jy sonder verwyt jou liefde aan my bly bewys
en dit ten spyte van jou eie vrese en seer

Jy is en bly my Liefie, my Engel, my Skat, my dierbare vrou,
daarom skryf ek groot op die sand: “Ek is vir ewig lief vir jou!”

© Stephan Uys 2018/09/08




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed