kerktoe
hoë polfytjie trippel oor gruis
handjies op breërand hoedjies
wye rokkies flinder in die wind
familiedag op pad kerk toe nê
middelste banke altyd so vol
heel agter vir die laatkommers
heel voor sit nooit niemand nie
dominee se manel hang ook slap
pa’s en ma’s hou nog duim vas
kleinboet nie sy streke uithaal
want tante anna de beer se kyk
lyk altyd soos een weerligstraal
ouderling van der merwe kug
tannie sus trap die orrelpedaal
fienie van staden val vroeg in
almal sing dat balke beweeg
dominees se stem draal net aan
oom faan vergoot sit en snork
broer verhoef stamp aan hom
sannie en susie giggel te lekker
so gaan nog een sondag verby
grootmense sug van verligting
kinders jol en hardloop vrolik
koster sluit en steek pyp aan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.