Jongste aktiwiteit:

Linda-Maryn 10/10/1987 – 11/10/2018

“O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .”
is Totius se woorde
wat al malende refrein
in die verdwaalde gange
van my oormoeg brein

jy’s nie vir my gebore nie
maar wel vir my gegee
want kettings roes
en kabels breek
maar liefde buig en rek en bind
om harte aanmekaar te smee

jou lewe was nie maklik nie
die seer het agter
al jou lag geskuil
en daarom weet ek
daar waar jy jou nou bevind
sal jy vir niks in hierdie wêreld ruil

jou laaste boodskap
het gesê jy’s lief vir my
en ek het dit vir jou gesê…
ek hoop jy’t dit onthou
toe jy oplaas jou hoof neerlê

ek weet nie wanneer hou
mens op met huil nie
en my woorde eggo
in ‘n leë dop
en wanneer ek
my oë toemaak
is jy steeds
by my hier in
my kop…

©Anton Bosch 13/10/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed