tappeserie
ver oor die duinevlaktes
ver oor die diep blou see
daar waar horison keep
skepe oor rand verdwyn
waar misbanke opstaan
en maan oplaas gaan lê
oor my duin se hittegolwe
verrys daar vurige ridders
wat laag oor golwe skeer
skreeuend en krassende
krygsliedere wapperend
op die wind se vlae sing
ver oor die duinevlaktes
ver oor die diep blou see
daar waar my siel swewe
gedagtes in tyd verdwyn
waar nuwe idees ontstaan
en leeftyd sal onder gaan
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek