laaste strek en einde van ‘n bittereinder
jongman van die namib
het jy haar ver gaan haal –
sy jou ribbok en jy haar held
onverpoos en onvermoeid
het jy jou deel gedoen
jou pad was lank, my pa
sonder terughou, sonder vrees
het jy hom volgehou …
ons was vyf, maar nou net twee –
jy ook al jare weg
jou spore lê diep en onverstoord
jou stamina, jou krag
met elke rondte om die baan
minder en minder
en tog
die laaste keer nog om die baan
oorwinnend
jy glimlag
… dit was welgedaan!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek