‘n Uurglas wens
Sekondes gelede
trippel-trap voetjies
deur duisende onthou spoortjies
en jou denke word ‘n sirkel sonder einde
Vandag se denke
uit gister se drome
stap met trae voete oor die horison
om ‘n langer uur te kan vertoef
op die drumpel van heimweë
in helder blou gekleë
sterf oor lippe wat woordeloos smeek
was ek maar sand in jou uurglas
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD