Sykouse ala kaaps
Kyk nê, ek het nog altyd gewonder waar Pieter Pieterse sy wonderlike inspirasie vandaan kry! Na ‘n paar dae hier in Jeffreys ervaar ek inspirasie soos nog nooit vantevore nie. Hier word die skrywer in jou wakker gemaak deur die landskap en die kleurvolste mense ooit. Hulle loop oor van vriendelikheid. Hulle sêgoed verstom my.
Ek wil graag met julle ietsie deel wat vir my so kosbaar was
Dames die een is vir julle.
Ek is nou al n paar dae op soek na n paar bruin sykouse. Stop toe hier by die Spar naby die strand. Alweer net swart. Kyk, besluit ek toe; Amanda, jy is dom! Hier is almal bruin en dink hulle in elk geval jy is mal om sykouse te dra. Hier op Jeffreys trek jy nie soos ‘n Jo’burger aan nie – hier op Jeffreys is jy casual!
Maar nou ja, uit desperaatheid loop ek na die kassiere, op my mooiste afrikaans vra ek haar of hulle nie dalk in die stoor “bruin” sykouse het nie. Mense daai kyk!!! MEVROU?? WAT soek mevrou?? — “Sykouse”, sê ek. Weer kry ek n “HUH??” uit die dametjie se mond! Toe besef ek, die vrou verstaan my nie! In daai winkel lig ek my knieg hoog op. Beduie stadig van bo na onder S Y K O U S E – beduie ekke!!
Vader tog – toe voel ek soos ‘n idioot, sy bars uit van die lag met ‘n “oooooooo, mevrou soek PANTYHOSE!!”
Ja Amanda! hier praat jy AfriKAAPS – nie opstÊrse Jo’burg Afrikaans nie!
Lekker dag vir julle, en o ja ; ek’t nog steeds nie my PANTYHOSE gekry nie!! Lief julle baie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.