roep
stemmetjie kom van ver
daar waar mooi nog mooi was
en strooi nog strooi was
klanke vibreer in my ore
soos geklank van trompette
vroeg soos oggend basuin
telkens verras dit my nog
met oorspronklike oer-klank
wat terugvoer na verlede
klanke reeds lankal vergete
maar steeds weergalmend herinner
aan musiek van ‘n jong hart
musiek wie is jou komponis
note wie het julle geformeer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.