MOENIE aan my VAT nie!
die klip in my ribbekas
bloei in ‘n kolewa
stoot sooibrand rouseer
oor ‘n strot gestook
tot as
‘n vuuroond gloei
in my lyf se dop
en alles knetter in my kop
my skelet is fynhout
wat ‘n vonk verwag
en my vel span teer
oor ‘n binnesweer
wat skram vir die brand
van die woorde in jou hand
© Charleine Collins 19 Februarie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.