prins van my midsomerdroom
Daar was ‘n liefde
binne my,
maar
dit was ‘n liefde
binne my
en you just happened
to be there
soos Bottom
of ‘n boom –
die objek van my affeksie –
ver en gefikseer
in ‘n poel en omgekeer.
Toe ek wegdraai
was jy skyn,
‘n koggel-rimpelbeeld,
‘n droom.
Ek moes bly swerf
en skryn
na ‘n egte tak,
na meer as die refleksie
van‘n luggespieëlde skerf
om my hart aan vas te haak.
© Charleine Collins 19 Februarie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.