Syfersand verlore (Brons)
Herrinneringe druppelspoor teen jou wang.
Wie kan dan weet hoe seer jou verlang.
Met elke skuif van die naald
strompel tyd onbepaald
gaan almal hul eie gang.
Hoe kosbaar die tyd wat jul saam spandeer
want môre se môre, kom dalk nie meer.
Elke korreltjie sand
teen die uurglas se wand
niks kan die vloei daarvan keer.
Verlore die stryd,
die wedloop teen tyd
elkeen se weg is bepaal.
Streef elke dag
net die mooi
uit die
lewe
te haal.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD