dun lyn
op my duin is daar ‘n dun lyn
tussen werklikheid en drome
so krities soos die dun lyn
tussen vrede en oorlog
in my hart en siel
soos in oorlog
is die dun lyn rooi
sodra ek daaroor gaan
word alles ongedefinieër
word die realisme afgeskryf
sweef my siel ver bo alles rond
vorm drome woorde in my mond
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.