Pop song (Silwer)
Ek is die pop, die plastiekpop,
die niks-meer-voel se opblaaspop.
Dood en op en leeg vol asem
blaas ek nog net koolsuurwasem
gee ek die supply en plekke
vir jou salige stuiptrekke
is ek verlengstuk lyf van jou,
soos die bakarm wat my klou.
Iewers by ‘n sykant naatjie
suisfluit pyn ‘n piepklein gaatjie,
en by ‘n skeurtjie langs haar nek
begin die poppie stadig lek…
© Charleine Collins 10 Maart 2019
Brongedig:
Lied van die lappop – Ingrid Jonker
Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof
My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop
en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.
Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
Nuutskeppinge:
koolsuurwasem
suisfluit
3 Kommentare
-

Kiekies
Wel gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek