Jongste aktiwiteit:

Violet Jansen*

(Goud)

Violet Jansen, het jy maar jou pa
gaan soek voor daglig sou faal
kon jy hom dalk vind – jou Majola;
het jy nooit soos ’n blinde verdwaal

skaarsagt Violet Jansen lê dood
in Agter-Ceres se winterveld
krom arms en fetusskoot –
onskuld verkluim deur geweld

Violet Jansen, die winterkoue
kruip nader oor die berg en vallei;
en soos wingerdstok droog in dodekloue
se greep, Violet Jansen, so sterf dit soms binne in my

© Carma Shaw
10 Maart 2019
10:04

*Neologismes
1. skaarsagt
2. fetusskoot – bene opgetrek in fetusposisie
3. dodekloue

*Klara Majola se regte naam was Violet Jansen

Gedig deur DJ Opperman

Klara Majola

Klara Majola wou haar vader
toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader
maar Klara Majola het verdwaal

Klein Klara Majola lê verkluim
in die Bokkeveld se bros kapok
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok

Klara Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak