Jongste aktiwiteit:

Die Saga van Tristan se Selfoon (Deel 1)

Ek laai vir Tristan by die busstop op.

“Ouma, kom ons gaan kry my foon.” (Nog voor goeie middag, Ouma of jislaaik, dis warm of ek is honger)… Wat is dit met kinders en fone?

Tristan se foon se motherboard is apparently op die koffie. Die R450 herstelkoste het hy met sy sakgeld betaal, mag die gode hom tog daarteen behoede om sonder sy foon te leef! (Nou moes ek eers drie van die vier uitroeptekens delete anders kry my editor ‘n oorval. Klaarblyklik is dit nie taalkundig korrek nie, maar myns insiens is daar ‘n reuse verskil tussen “Eina, hel!” en “Eina, hel!!!!!” Ewenwil, wat weet ek ôk nou!)

Anyway, terug by die foon. Soos julle nou duidelik uit vroeër vandag se Facebook plasing sal sien, het ek nie lus om die foon te gaan haal nie, maar synde dat dit meer energie sal verg om die heel middag na Tristan se gekerm te luister as om na die winkel digby die busstop te stap, loop haal ek maar die foon. Oftewel, loop ek om die foon by die samoesa-eter waar Tristan die foon ingegee het, te gaan haal. Die man met wie ons aanvanklik sake gedoen het, is nie by die winkel nie en die een wat daar is, is so kalm soos ‘n daggawalm en so dom soos ‘n sak hamers! Nee, sê hy, ons moet maar more terugkom wanneer die man met wie ons sake gedoen het weer by die winkel is, of ons kan vir hom wag ‘hy is net iewers”. Sal íémand asseblief vir my ‘n map teken om te beduie waar de snot “iewers” is?!

Needless to say, gegewe my huidige geestestoestand, vlak van selfbejammering en uitputting en my rooi hare, was daar van wag geen sprake nie! Dus sal ek more maar weer dieselle perd opsaal.

Met die wegloop sê Tristan vir my: “Jis Ouma, daar is fout met daai ou. Hy is net té kalm!” (Ek sê mos: kalm soos ‘n daggawalm. Lees: gerook!)
Ek wens dis aand dat ek kan gaan slaap. (Dan fight ek ook nog die autocorrect op my komper wat freakin’ nie Afrikaans verstaan nie!)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak