God maak nie foute nie.
Die afgelope paar dae was ek hartseer, seer en verward. Ek het al agtergekom dat dit is hoe ek voel wanneer ek myself in twyfel trek en die vertroue wat ek in myself het verloor.
Gevolglik wil ’n mens dan groter beheer uitoefen —oor die situasies waarin jy jouself bevind én die mense om jou.
En jy bid. Jy bid elke keer as jy jou oë knip en elke oomblik wat jy ’n paar sekondes vir jouself het. Maar tussen die bid en beheer vergeet jy een belangrike ding. Vertroue. Vertroue in jou Skepper, en vertroue dat dit waarmee Hy besig is reg en goed is.
En hoe moeilik is dit nie? Om net oor te gee en te vertrou.
Maar vanoggend toe ek wakker word tref dit my:
Die Here maak nie foute nie.
Dat ek hier is, is nie ’n fout nie. Wat ek is, is nie ’n fout nie. Elke aspek van my lewe is bedoel. Ek is hier vir ’n rede. En daarom mag ek selfvertroue hê. Daarom mag ek opstaan en dankbaar wees vir die hier en die nou. Daarom mag ek gerus wees en vrede ondervind. En daarom móét ek met oorgawe my dagtake verrig.
dit was net logies dat die volgende besef hierop sal volg: Die mense in my lewe is ook nie ’n fout nie; nie my familie, vriende, kennisse of enige ander persoon naby my nie. En dalk is baie van hulle nie permanent nie, maar dit is ook foutloos want dit is hoe God dit bedoel het.
En toe het ek berusting.
Ek werk en ek beplan vir die toekoms maar ek lewe in die nóú. God maak nie foute nie en daarom kan ek op Hom vertrou. Hy sal álles ten goede laat meewerk.
3 Kommentare
-
-

Kiekies
Jip, God plaas nie die moeilikhede in ons lewe nie, maar Hy gebruik dit ten goede vir ons.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Wat 'n positiewe skrywe! Welkom Johnell en mag ons nog vele skryfsels uit jou pen geniet