Eksamen
Eksamen
dit is kakofonie
wanneer jy bang verwilderd
kantel
deur die nag
tussen die bladsye
van hoofstuk vyf
se Klimatologie;
die lêboor van die wyfiesprinkaan
klop
haar eiers stelselmatig stoot
tot in die veilige vesting
van jou dop-
jy sien die dood
as Franse Revolusies bloedloos stol
sodat die lewensiklus
van die mielieboorwurm
in die hamerslae van jou kop
voltooiing vind
tot jy verkorrel
in die suiker van soet slaap
Annesu de Vos
Eksamen
dit is regskakos
‘n aand voor eksamen
onbetwyfeld
dearnag die geheuespoor
tussen-bladwisselende leë opskrifte
se klimaksanotomie;
die pistol van die gevangene
skiet
die beskuldigde strek-skop vorentoe
tot in die geskrewe klagstaat
van jou kop-
jy roep die nood
as Aanklaer die hof nader
met sy bewyse
die vonnisbyl se hart laat sak
tot jy besef
jy het hierdie saak reeds gewen
Neologismes:regskakos,geheuspoor,tuseen-bladwisselende,klimaksanotomie,strek-skop,vonnisbyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek