doener diener
dae sleur stadig om
om te wag is moeilik
geduld kom met tyd
sonstrale migreer
van oos na wes
sonop tot sononder
beweging op my duin
raak stadig absorbeer
gebeure in verhale
elke diertjie, voëltjie
is ‘n doener-diener
het doel om te leef
rondom strompel
siele so verdwaas
sonder doel, strewe
bo-oor alles sweef
daar wit meeue
bespied en besing
soos siele verdwaal
en stomp verdwyn
in massa onbestaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.