Jongste aktiwiteit:

Priemmaat – silwer

Ek maak ‘n nuwe kennis
by die Seeheim-bar –
tog te vriendelik
nie eens ‘n dop spel gevaar

Tuis plaas ek die foto
as my profile pic
om te wys ek is dapper
en ‘n outdoor chick

Ai, maar sy’s oulik,
kom die kommentaar,
Kyk die kappie,
dit pas so by haar!

Maak oop die foto,
sê my vriendin
(die hot fotograaf)
Dis net die begin –

die res van die prent
praat ‘n ander taal,
want die kappie is ‘n hoed
van ‘n man van staal!

Maar die ergste is
dat die Camel-vrou
so gethrill was om
die bob’jaan te hou

dat sy eers op facebook
self soos in ‘n droom
sien die ouma-kees vertoon
as so ‘n duidelike oom!

Charleine Collins © 9 April 2019

Foto: Marissa Roodt




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed