huppel
met boetie aan haar hand
huppel sy liggies oor die sand
elke laggie uitgedruk in klanke
wat gepaard gaan met kuiltjies
rooi wangetjies so opgewonde
elke kyk wat sy gee ‘n kiekie
vas geprent in haar geheue
so huppel jong mense
deur hul lewens
sonder vrees
net in geloof
daarsonder
sou kinders
nie kinders
kan
wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.