Kortverhaal [vir Johan]
Eendag lank, lank gelede…
het ‘n draak hom ingesluk
en die dood was beter in stede
van die lyding van die lewe wat misluk
niemand het sy binnelandskap geken
as hy lepelgelê het in die nag
met sy gedagtes wat bereken
hoe om sonder faal sy slot te vermag
ons sal wonder of hy nog iets wou sê
of ons deur dit sy stryd sou kon bepaal
maar sy woorde was buite bereik binne hom verlê
en sy sprokie word n kortverhaal
toe hy daardie dag besluit:
fluit-fluit my storie is uit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.