onstuimige vrede
vrolik sing die sysies in die fynbos
elke wysie fyn besnaard en mooi
saam sit hulle in blou vere getooi
fyn pik hul sade vir kinders se kos
vrolik kekkel fisante in hul stap
soek hulle kos om die wit huise
staan soms en krap kop vir luise
skrop hul en gesels laat dit klap
habitat versteur deur wit huise en laan
ongesteurde natuur binne ontwikkeling
pas moeilik aan maar wil voort bestaan
©Teárlach
(Foto: Oswald Theart)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Margaret Cordier
Pragtig vers. Onthou hulle op 'n ander plaas!