winter
hy is ‘n skobbejak
gooi spierwit kombers
dit hang en breek ‘n tak
hy is ‘n lae lak
hang woljas om jou
gryp ‘n trui uit die rak
hy maak jou swak
skuifelstap in sy spoor
baie soek hitte by die kwak
na ‘n maand is ek ‘n wrak
moeg gedra aan ekstra klere
verlang na somer, winter is twak
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek