dis koud
die wind sleur my mee vandag
my duin is ‘n fladder van droë blare
dit suis en kreun tussen die duine strate
selfs my fisante vriende hou bek toe en sit stil
koue vloei van wit berge af na benede
soos vloeibare skitter wit gedagtes wat skroei
sover dit deur kloof en dal beweeg tot teen die see
klein wild is ingegrawe onder fynbos takke en bibber
in die wit huisies is daar min beweging
hier en daar teug daar ‘n kaggel rokie regop
selfs die bouers is traag om op steiers te staan
stoom staan soos rokies op oor koue water krane
sonstrale soek gaatjies om deur wolke te skyn
mens en dier soek hoekies om in te skuil teen wind
ver oor die weskus-see kom daar koue fronte aangeseil
©Tearlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.