Yspêrels
as winter op die naat van haar rug
haarself kom uitstrek
glimlag die son flou
oor die doutrane
wat blink op haar wang
haar koue asem
drapeer ‘n sneeujas
oor haar skouers
wanneer sy haarself kom tuismaak
onder ‘n miskombers
vang sy yspêrels
om haar naakte skoonheid
mee te versier
val haar sneeuvlokkielag saggies
en trippel spierwit spore
deur die winterwasem
©Jessica Venter
05/06/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek