Jongste aktiwiteit:

Rooiwyn liefde

as jou soene vrugtig oor my mond streel
en jou ryk aroma oor my tong dans
vloei jou geurigheid volrond deur my lyf
jou prikkels verlei my

jou liefde is van top gehalte
eksklusief gebottel net vir my
soos goeie rooiwyn
word dit net beter met die jare

skink vir my ‘n glasie

©Jessica Venter
06/06/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed