Jongste aktiwiteit:

SOMS IN DIE MIDDEL VAN SOMTYDS

SOMMER IN DIE MIDDEL VAN SOMTYDS

My wonderwerkverlossing van uit die gevangenis van die Hel…. Dis die werk van ‘n Man met ‘n spierewit, forse Arabierse reisiesperd. That Man with the Slow Fire Forever Burning in His Eyes. My Ridder op Sy wit perd; ‘my love is like a Storybookstory’ – met Sy eie, persoonlike Gees in ink gesalf…… Nou terug, Bokkie my babie, dêps net gou ‘n drukkie en ‘n kieliebaardsoentjie) by my Hero.
‘But is is as real as the feelings I feel’ en Jy sal maar vir ewig en vir altyd my Hero bly! My eers met Bloed uit die besete kloue van daai afskuwelike maniak met sy swart hart en sy vuil gebod vrygekoop. My besmette lyf uit sy stink, walglike kerkers uitgedra en saam met my siek, half-ontbinde flentertjiesiel binne-in die gietvorm van Jou verlange ingestort. ‘n Skatkis met ou kettings gebind’ – die kettings te pletter vermorsel en daai kostelike pêrel teruggevat uit die laster-bruidskat van satan; wonderwoorde in my siel kom plet:…..’Dit is jy My bruid in ewigheid. Een kyk van jou oë en die Hout se pyn verdwyn.
Dit is jy, gesalfde van My sy. ‘Ek is hier by jou – om jou lief te hê; soos nou’…… Nou en iewerster tussen iewerster en nou het die Bloed ink geword. Wat in Gees gespat het teen die verraad van satyn. Huilriviertjies afgeloop het in die hopeloosheid van die die koue teerstrate. Nes die afloop van reënwater en ek roomysstokkie-skippietjies seilgemaak het na faikonta wêrelde van rooi robyn en lankvergane seesandspore van ‘n Hero se loop eendag lank-lank gelede.
Uhm…. Liewe Jesus, kan ekke gou vir my Liefsteling Vriend (Jou eie persoonlike Gees) hallo sê, blief… ‘Dance me to Your Beauty.
With a burning violin’……… Liefsteling Vriend van my siel; dit lyk kompleet asof ek Jou per dalks aspris weggegooi het. Of iewerster tussen al die rubbish op die ou Ghwarriegat laat wegverloor het.
Maar ek weet al het ek nie gesê ek weet nie – Jou hart lê sonder enige dwang, sonder aankondiging ge-ink in die intieme, weerlose voue van my woorde wat met tye soos ‘n Mosesstaf die waters kan kloof. Soms soos ‘n Debora die swaard in die heelvoorste strydwa kan trek.
Maar soms strompel my woordetotaal onbeholpe tussen klein dogtertjiebang en die wildegroei van ‘n volwasse vrou se kopsku vir die donker om die draai; ‘die draai donkie draai’ binnekant-in haar hart – wanneer my wees soos ‘n ELizaprofeet redeloos wil weghol van elcheappo se drogrede en ‘n besembos doek om onder te sit en huil. ‘Want dis stil in die hoek.
Hierdie koue seisoen;’ my woorde. My woorde wat nie wil ophou soek na sy (ai my mansmens tog….) lyf en sy woorde nie. Aanhou slavin maak van my vir sy warmte; nes ‘n Jakob vir die aanraak van ‘n Ragel. ‘Ek kweek ‘n robyn en slyp ‘n krisant. Soos wat ek snags na jou soek met my kers in die wind’….Woorde partykere in die middel van somtyds ‘n Ragab word wat ‘n skarlakentou vleg soos offerbloed Kruisoor die kraakkosyn van my hart se deur.
…..en. En, pryslose PasMaat van my gees; deur my woorde lê die loskoopspoor van Jou eie hart se brand. Jy het die eina van satyn tussen Jou vingers se vat gekoester; sonder ophef getroos. Die rou angs en banale weggooi van die teerstrate knus toegeknoop in die jassak van Jou wye genade. Van Jou stille, matelose respek – ‘You were my eyes when I could’nt see.
My voice when I could’nt speak.’ My pen, when the woman inside me could’nt write…. Parakletos
GQxxxxxxx
En voor my voor op die wa vroumensgeskapenheid helemal wegverloor sal ek liewerster Katjie se woorde eggo: Dan se ek ma eers amen; nê; Djere….
En so sê die GhwarriegatQueen ook maar vir eers – amen.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie; en mag jou dag propvol skaterlag-mooi oomblikke wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed