My Huis
My huis
daar’s krake in die koepel
en skemer in skarniere
van geheime deure
in die mure
van my huis
daar’s geluide in die geuwels
en kankers in die kelders
van vergete dieptes
orals elders
in my huis
daar’s skadus in die solder
en husse in die hoeke
van stowwerige stories
in ou boeke
in my huis
maar daar’s lig in die laning
want jeuglik jonk in jare
pronk blou bloed van die vader
deur hul are
in my huis
3 Kommentare
-

Waterboer
En as ek in die spieel in die kamer kyk dan staan daar Andries, Seirdna. Goeie gedig of is dit gideg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek