Toe ek kind was
(goud)
stuur vir my ’n dagbreek uit die Vrystaat
’n vyfuur-in-die-oggend
se breek-my-hart-so-mooi
en stuur die eerste goue strale
wat grasvelde verroes tot byna rooi
*
ek sit hier in ’n kamer, ek kry chemo;
Simonsberg (soos altyd) in my sig
*
maar soms verlang ek net
na Vrystate en vlaktes –
die bloekoms, die murasies langs die pad;
windpompe en koppies in die verte
en skape agter grensdraad
in dik woljasse toegeknoop
wat gedienstig deur die
daeraad se vroegste sonskyn loop
stuur vir my ’n sonop uit die Vrystaat
’n vyfuur-in-die-oggend
se breek-my-hart-so-mooi
want ek hunker na die dae toe ek kind was –
toe oggendstonde kon verroes tot byna rooi
© Carma Shaw
25 Julie 2019
3:36
3 Kommentare
-

Seirdna
Baie mooi gedig en baie geluk met jou Julie 2019 toekenning
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek