Jongste aktiwiteit:

Oor Kannaland waai ’n winterwind

(goud)

Klein Karoo
jou winterwind
kom middernag aan’t lewe
waai woes alom die Gamkaberg
skop stof op in die droë loop
waar Tierkloof tussen kranse gang

sy ruk aan bossies en aan bome
sy maak amok in die donker uur
tier haar woede
en versteur die vrede

sy sis en suis oor dorre velde
teister skaap en hond en hoenderhaan
stroom wild om klipmurasies
wat nog hoopvol
in leë vlaktes pryk

Kannaland
jou winterwind
vlaag oor kranse en deur klowe…

maar smôrens ween sy
al hoe sagter
tot sy stil word in haar sterwe

© Carma Shaw
15 Augustus 2019
4:35




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander