Jongste aktiwiteit:

KAneelduifie

Wie sóu ooit sê die dood hakkel
sukkel selfs met duifies groet
wat nog van hulle in die oë kyk en vra:
“sal julle m,mmmy s,sssigg l,eeeeen?”

“Kaneelduifies verkieslik!”,het Abba gesê:
Viridiaan groen dons-veertjies
prag en kosbaar bruin bondeltjies,
“Gaan haal vir my hul oë,Azrael!”

Skemerspel newel soos boos obdukies
kaneelduifies geroggel sonder oë
‘n geharwarde geroesemoes
“E,kkkkkkk’s j,ammmmmer,Abba nomineer”

Sedert Azrael sé aanspraak daagliks
koer kaneelduifies kabbelagtig
die goëlery moet einde kry,
Abba moet behaag wees,net soveel kaneelduifies.

“Hoekom kaneelduifies oë?”bevraag Azrael hakkelrig;
“Kaneelduifies so argeloos klein kan alleenlik versweë,
hul ogies oop,alom,my kinders te bespeur,
kan deur my hemel sien”

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed