met gesag
met ‘n ligte windjie
lê my duin en wag vir die son
vandag gaan die sonstrale bak
elke dag skuif son verder noord
afgemete proses eeue oud bepaal
soos afgemete woorde soms
verkondig word met gesag
gebaseer op ervaring
kennis of net wil
met gesag
gesê:
wees
versigtig
wat jy sê
veral as jy
dit self glo-
ander glo dit
dalk nie soos jy
laat jou gesagswoorde
uit ware feite kom
soos vorige
geslagte
gesê
het:
“feite soos ‘n koei”!
sigbaar – tasbaar
waar
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.