Die hangman
Daar is ‘n langtou vir my en jou
hy is gehang in die donkerboom
daar is nie groen gras onder hom
net ‘n graf en ‘n gat
met ‘n wurgstrop om die nek
hang ons voeitjies vir die gek
ons tonge verstop
vertrap en verguis
die staatsklaer het ‘n semi-automatiese geweer
die straatveer het die magasyn
almal gerig op ons stil
maar stil sal ons nooit bly
ons sal gedories
en stories
allermintigse koenkies
uit ons taal brou
hou maar jou tou
hangman …
my woorde wil nog jou
duiwels verjaag
©Morné du Preez.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.