Eendag
eendag as ek groot is
wil ek kan sing
soos Riana Nel
ek wil kan dans
soos die sterre
van Strictly
en musiek maak
soos die Krone orkes
ek wil kan bak
soos Cake boss
en ek wil kan dig
soos ons grootste digters
en inspirerende stories skryf
nes Karen Kingsbury
want as ek eendag groot is
wil ek kan sê
dat ek my drome geleef het
van e e n d a g
©Jessica Venter
14/11/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.