‘n Duisend Kerse
‘n Duisend Kerse
Vir jou my lief brand ek ‘n duisend kerse.
Jou hare die geur van ‘n aandblom
verewig in ‘n uurglas stil.
Jou stem die klank van ‘n ster
verlate in die hemelruim.
Jou lippe sag, jou soene
soos seeskuim
‘n verdampte lugborrel.
Jou spore fyn vermom.
Jou liggaam ‘n silhouette van sjiffon
verbleik deur die maan.
Vir jou my lief brand ek ‘n duisend kerse.
(Kipiereg) L Barnard 21/11/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.