Jongste aktiwiteit:

idaho boertjie

in idaho
staan vriend se vrou
met wit sneeu velde
wat om haar tapyt
eerste kleinseun
se glimlag laat
trane reën

in idaho
tussen al die sneeu
kuier vriend se hart
lustig saam met hul
al biggel ‘n traan en
klou aan sy baard

in idaho
groei ‘n nuwe geslag
uit boer en yankee
met liefde geplant
in gesonde grond
wat alles vermag

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed