Jongste aktiwiteit:

waar

oor my duin val daar sagte reën
bokant beweeg dik blou wolke
soos koetse swaar gelaai verby
stil beweeg my siel oor die see

waar daar blou rokies opgaan
is daar iemand wat kos maak
die rokies verraai hul vreugde
want ons braai mos uit geluk

waar in ons mense se lewens
is daar werklik waarheid geleë
waarheid wat elke oog kan glo
sonder die alewige skeptisisme

meeue sweef en duik oor strand
vergader hul kos deur harde werk
kry nie hul manna uit die hemel
moet werk om aan lewe te bly

die Woord word verdraai, gesif
knarsend onder mense voete
vergrys tot niksseggende leer
sal die waar in waarheid herleef

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed