prediker
boodskap na boodskap herhaal
soet is die boodskap wat hoorders paai
bitter hul ontnugtering wanneer die haan kraai
suiwer die evangelie wat leef
verdraaid kom dit soms maar oor
verdwaas bly gelowiges verlaat van waarheid
skoenmaker hou jou by jou lees
jy mag nie byvoeg of wegvat wat nie wil pas
anders sal jou skoene nooit weer aan mense voete pas
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.