Pilare van sout
op die ritme van sleurende musiek
sou pilare van sout my pad versper
terwyl my voete blind
na ‘n versteekte alfabet soek
en my keel klanke
van ‘n donkernag
probeer namaak
tot barstens vol versadig
aan bitter water en alg
wat my sig verblind
my hoor verdoof
; nou lê my tas
verlam
want op die ritme van sleurende musiek
sou pilare van sout –
my pad versper
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.