Die lewe van ‘n boer
die lewe van ʼn boer
so dikwels word verwys na plaaslewe
met sterre in die oë – so romanties
omstandighede wat hyself nie kies
die dae en seisoene is mos gegewe
wanneer die seisoene begin draai
vol verwagting vul dit mens en dier
almal voel dit – die uitkoms is hier
oë smeek op horison as wolkies waai
smagtend na lewendgewend water
jy ruik en hoor die reën in verte lag
dan begin die senutergende gewag
trane biggel teen wange af veel later
die boer moet aanhou uithou en glo
maar verslae stil word sy gewag al langer
diere word swakker en hy al banger
die boer bly sterk en glo: uitkoms is van Bo …
©Marlene Erasmus
06/01/2020
* Internet foto
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek